Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Wes-Kaapse Hooggeregshof verwerp Hlope se aansoek om ‘n interdik teen die Parlement

# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het regter-president John Hlophe se dringende aansoek verwerp vir ‘n interdik wat die Parlement sal keer om te stem oor die ampsaanklag teen hom. Hy het die parlementêre proses uitgedaag en wou hê die stemming moet gestaak word totdat die Konstitusionele Hof die prosedures hersien het. Regter Sulet Potterill het Hlophe se dringende aansoek van die hofrol geskrap. Die Parlement kan nou voortgaan met die stemming om hom as regter te verwyder.