# Die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement sê data toon die voordele van inenting oortref die risiko’s vir almal. Die departement sê die risiko van Covid-19-besmetting, veral ernstige gevalle, is baie hoër by oningeënte as ingeënte mense. Selfs tydens die Omikron-vlaag was die gevaar van sterfte in deurbraakgevalle in die provinsie byna vier keer laer as onder mense wat nie ingeënt is nie. Die gevaar van alle hospitaal-opnames van oningeënte gevalle was dubbel so hoog as onder ingeënte gevalle.