# Die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement sê drie witseerkeel-gevalle in die Kaaptadse metro-distrik is onlangs in ʼn laboratorium bevestig. Een sterfte is aangemeld en nog twee vermeende gevalle word ondersoek. Die aansteeklike siekte word oorgedra deur druppels uit die boonste lugweë of kontak met ʼn besmette persoon. Simptome sluit in ʼn seer keel, koors, bewing, naarheid en moeite om te sluk of asem te haal. Die departement is besig om hoë risiko-gevalle in te ent.
Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement bevestig witseerkeel-gevalle