# Nog 45 mense is in die jongste verslagtydperk in Suid-Afrika aan Covid-19 dood, wat die sterftesyfer sedert die begin van die pandemie op 92-duisend-112 te staan bring. Die Wes-Kaap het wel die meeste gevalle, naamlik twee-duisend-632, aangeteken, maar eNCA sê die provinsie is oor die vierde vlaag wat deur die Omikron-variant aangevuur is. Gauteng met twee-duisend-123 het die tweede meeste gevalle, gevolg deur KwaZulu-Natal met tweeduisend-36. Die toets-positiwiteitskoers het effens afgeneem tot 21-persent.