# Die Wes-Kaapse regering hou môre ‘n spesiale provinsiale amptelike begrafnis vir die struggle-veteraan Madoda Myoli, wat in 1979 by die verbode PAC aangesluit het. Myoli het gedien as adjunkhoof van veiligheid en intelligensie in die Azanian People’s Liberation Army, en is in 1989 in Zimbabwe dood. Sy oorskot is gister tydens ‘n private seremonie aan sy familie oorhandig as deel van ‘n nasionale projek om die oorskot van Suid-Afrikaanse bevrydingsvegters aan hul families en gemeenskappe terug te gee. Die geleentheid vorm deel van die Repatriasie- en Herbegrafnisprojek vir Bevrydingstaatmakers.
Wes-Kaap hou amptelike begrafnis vir struggle-held Madoda Myoli