Skip to content

Werkloosheidskoers styg tot 33,5% in tweede kwartaal van 2024 [KLANK] 

# Statistieke Suid-Afrika se jongste kwartaallikse arbeidsmagopname toon die werkloosheidskoers het in die tweede kwartaal van die jaar tot 33,5-persent gestyg, van 32,9-persent in die eerste kwartaal. Indiensneming het met 92-duisend gestyg tot 16,7-miljoen, terwyl werkloosheid met 158-duisend toegeneem het tot 8,4-miljoen mense. Die meeste werkverliese het in die Wes-Kaap,  Mpumalanga en KwaZulu-Natal voorgekom, terwyl Gauteng en Limpopo toenames ondervind het. Dihlolelo Phoshoko van Statistieke SA sê werkloosheid onder vroue het ook tot 35,8-persent gestyg:    

ENG PhoshokoOnUnemploymentRate