# Werkers by Tiger Brands se Beacon-handelsmerk in KwaZulu-Natal het met ‘n onbepaalde staking begin, ná ‘n dooiepunt in salaris-onderhandelings bereik is. Die voedselvervaardiger het verliese van meer as 150-miljoen-rand weens die onrus in Julie asook die uitwerking van Covid-19 en inperkings gely. Die vakbond vir die vleisbedryf en verwante werkers eis ‘n verhoging van sewe-persent terwyl die bestuur drie-persent aanbied. ‘n Woordvoerder van die vakbond, Lungelo Makhathini, het aan eNCA gesê hulle gaan nie terugstaan voor daar nie aan hulle eise voldoen is nie:
Speel klankgreep: ENG MakhathiniOnStrike