Skip to content

Wêreld herdenk Internasionale Kondoom-dag

# Die Wêreldgesondheidsorganisasie doen ‘n beroep op die wêreld om opnuut betrokke te raak en heropvoeding oor kondome te doen op Internasionale Kondoom-dag. Die W-G-O beklemtoon in ‘n verklaring kondome is steeds die enigste hulpmiddel wat MIV, seksueel oordraagbare besmettings en onbeplande swangerskappe in een slag kan voorkom. Die organisasie beklemtoon ook die gebruik van kunssinnige uitdrukking in die bevordering van kondoom-bewusmaking en voorkoming. Die Brasiliaanse kunstenaar, Adriana Bertini, se werk word ten toon gestel as ‘n voorbeeld van kreatiewe kondoom-bevordering.