# Vyf Wes-Kaapse verdagtes tussen 17- en 24-jaar is die naweek in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het oor ‘n gewapende roof wat Vrydag plaasgevind het. ‘n Polisiewoordvoerder, Wesley Twigg, sê die slagoffer is van sy vuurwapen, skootrekenaar en selfoon beroof toe hy na Brown’s Farm gegaan het in verband met ‘n advertensie wat hy op sosiale media gesien het. ‘n Pistool en skootrekenaar is tydens die inhegtenisnemings gevind. Die verdagtes het vandag op aanklagte van gewapende roof in die Landdroshof in Bishop Lavis verskyn.