# Die Ray Nkonyeni-munisipaliteit in KwaZulu-Natal het die sluiting aangekondig van die Uvongo-strand en -meer weens hoë vlakke van e-coli. Die strande is vandag gesluit nadat daar vasgestel is die e-coli-vlakke in die water is hoër as wat aanvaarbaar is. E-coli is ‘n bakterie wat gewoonlik aangetref word in water wat besmet is met menslike of diere-afval. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Simon April, sê voorlopige uitslae dui aan die besmetting is weens onbehandelde riool van KwaMasinenge af wat in die rivier beland het.