# Die Stad Tshwane sê sy webwerf waarop kragonderbrekings aangemeld word is tans van lyn af. Die webwerfgasheer, MWEB, ondersoek die oorsaak van die diensfout. Kliënte word aangeraai om alternatiewe kanale te gebruik om kragonderbrekings aan te meld, soos die SMS-lyn, 082-612-0333 en die inbelsentrum op 012-358-9999. Die stad vra verskoning vir die ongerief en sal verdere opdaterings verskaf.