Skip to content

WaterCAN doen beroep op Stad Johannesburg om kapitaalbesteding op water en sanitasie te verhoog

# WaterCAN doen ‘n beroep op die Stad Johannesburg om die kapitaalbesteding op water en sanitasie tot drie-miljard-rand vir 2024/2025 en 2025/2026 op te stoot. Die metro se aangepaste begroting word volgende Donderdag ingedien. Miljoene liter water word daagliks vermors weens infrastruktuurgebreke en Johannesburg verloor 47-persent van sy water aan diefstal en lekkasies. WaterCAN sê die metro moet besteding herprioritiseer deur buitensporige bedryfskoste te sny en na noodsaaklike waterdienste te kanaliseer.