# ’n Boggelrugwalvis het een van die langste en ongewoonste migrasies voltooi wat nog aangeteken is. Dit is die eerste keer in 2017 in die Stille Oseaan naby Colombië opgemerk en is nou by Zanzibar in die Indiese Oseaan waargeneem, ‘n afstand van minstens 13-duisend kilometer. Kenners glo hierdie epiese reis is dalk te wyte aan klimaatsverandering wat die voedselvoorraad uitput of dalk ‘n swerftog om ʼn maat te vind. Boggelrugwalvisse leef in alle oseane regoor die wêreld en het een van die langste migrasies van enige soogdier.
Walvis voltooi epiese migrasie, verstom wetenskaplikes