Skip to content

Waarskuwing dat wêreld se temperature in Mei 1,5-grade-drempel gaan oorsteek

# Globale verhitting weens die verbranding van fossielbrandstowwe wat deur die  El Niño-weerverskynsel vererger word, gaan die temperature in Mei tot 1,7-grade Celsius bo die gemiddeld voor industrialisasie laat styg. So waarsku ʼn voormalige wetenskaplike van die Amerikaanse Nasionale Lugvaart- en Ruimte-administrasie, James Hansen. Regerings wat verlede maand die Verenigde Nasies se klimaatsberaad in Dubai bygewoon het, het die Paryse Ooreenkoms van 2015 bevestig om die wêreldwye styging in temperature onder 1,5-grade te probeer hou. Hansen sê doelgerigte pogings is nodig om die wêreld se energiebalans te behou.