# Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê 15 moorde is tussen Julie en September op plase en kleinhoewes in Suid-Afrika gepleeg. Dit is twee meer as in die vorige verslagperiode. Terwyl alle eiendom-verwante misdade met 6,2-persent gedaal het, gaan die polisie voort om op veediefstal toe te slaan, wat met 9,2-persent afgeneem het. Cele sê indien dit vergelyk word met die normale periode van 2019/2020, was daar ‘n afname van 15,4-persent in veediefstal-voorvalle:
Speel klankgreep: ENGBhekiCelethree