# Die polisie in Mpumalanga sê hulle kan nie die moontlikheid uitsluit dat vyf verdagtes wat aangekeer is in verband met die ontvoering van ‘n 14-jarige meisie in Kriel, ook by ander ontvoerings betrokke was nie. Die verdagtes, insluitend twee vroue, het die tiener na bewering Maandag ontvoer en die meisie se ma kort daarna geskakel en gedreig hulle sal haar doodmaak as sy die polisie in kennis stel. Woordvoerder Donald Mdhluli sê twee beamptes is ontplooi om die verdagtes op te spoor:
Vyf verdagtes aangekeer vir ontvoering van ‘n 14-jarige meisie in Mpumalanga [KLANK]
ENG MdhluliOnSuspects