Skip to content

Vyf provinsiale Onderwysdepartemente skiet tekort met die bou van skoolkoshuise

# Vyf provinsiale Onderwysdepartemente het nie voldoen aan hulle teikens vir die bou van koshuise by skole tussen April 2022 en Maart verlede jaar nie. Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap het daarin geslaag om een nuwe koshuis te bou, terwyl Noodwes net drie opgerig het teenoor die teiken van vyf. Die Vrystaat was van plan om drie koshuise te bou, maar net een is voltooi. Die jaarverslae van die departemente onthul die tekortkominge, met redes soos vertragings, gemeenskapsonluste en kontrakkansellasies wat bygedra het dat teikens nie bereik is nie.