# Vyf mense is gisteraand dood in ‘n botsing tussen ‘n petroltenkwa en ‘n ligte voertuig by die kruising van Kliprivier- en Swartkoppiesweg in Alberton, Ekurhuleni. Ekurhuleni se nooddienste en spanne van die Stad Johannesburg het ‘n oproep vanaf ‘n brandbestryder wat van diens af was ontvang oor die ongeluk. Toe nooddienste op die toneel aankom was albei voertuie aan die brand. ‘n Woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, William Ntladi, sê gespesialiseerde skuimtenk- en watertenk-brandweerwaens is gebruik om die brand in bedwang te bring en te blus:
Speel klankgreep: ENGWilliamNtladi