Skip to content

Vyf joernaliste dood in Israelse aanval in Gaza

# Vyf joernaliste is dood in ‘n Israelse aanval wat hulle voertuig in Gaza in die oggendure op Kersdag getref het. Die voertuig, wat behoort aan Al-Quds Today Television, was buite die Al-Awda-hospitaal geparkeer. Die televisiekanaal, wat in Gaza gebaseer is, word verbind met die Palestynse Islamitiese Jihad-militante groep. Die Amerikaans-gebaseerde groep, die Komitee vir die Beskerming van Joernaliste, sê minstens 141 joernaliste en mediawerkers is sedert 7 Oktober verlede jaar dood, wat dit die dodelikste tydperk vir joernaliste maak sedert die organisasie in 1992 data begin insamel het. Een-honderd-33 van hulle was Palestyne in Gaza.