Skip to content

Vuisgeveg in Turkse parlement tydens sitting oor opposisie politikus wat agter tralies is

# ‘n Vuisgeveg het Vrydag in die Turkse parlement uitgebreek toe ‘n adjunk-opposisieleier aangeval is na hy gevra het vir die vrylating van sy kollega Can Atalay wat in die tornk is. Ahmet Sik van die Turkse Werkersparty is geslaan terwyl hy gepraat het. Beeldmateriaal wys hoe LP’s van die regerende party vorentoe hardloop en Sik slaan. Talle meer het by die vuisgeveg betrokke geraak terwyl sommige probeer het om ander terug te hou. Daar was bloed op die wit trappe van die speaker se podium. Die adjunk-speaker het na die geveg ‘n reses van 45 minute aangekondig.