# Die kliniek vir die behandeling van volwassenes met bloedsiektes by die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein, en deskundiges van die Universiteit van die Vrystaat, het welslae behaal met die eerste fase van ‘n proefneming om bestaande medisyne op ‘n nuwe manier te gebruik vir pasiënte met bloeiersiekte. Die hoofnavorser, Leon Coetzee, sê na die harde werk van maande, kan ‘n behandeling vir hierdie ernstige siekte nou ontwikkel word. Hy hoop pasiënte wat beter behandeling nodig het, sal dit gou kan benut. Die navorsing is van Januarie tot Julie verlede jaar gedoen.