Skip to content

Vrystaatse hof stel Machaka Radebe se moordsaak uit vir borgtogaansoeke [KLANK]

# Die Bloemfonteinse Landdroshof in die Vrystaat het die saak van moord op ʼn 16-jarige meisie tot komende Maandag uitgestel sodat haar vermeende moordenaars om borgtog kan aansoek doen. Die twee verdagtes van 28 en 40 is Vrydag in hegtenis geneem in verband met die vermeende ontvoering en moord op Machaka Radebe. ʼn Verbyganger het vroeg verlede maand op Radebe se liggaam afgekom nadat sy twee dae tevore as vermis aangemeld is. Die polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê die ondersoek is in ʼn kritieke stadium en die name van die verdagtes en verdere inligting kan nie bekend gemaak word nie:

ENG MotantsionMachaka