# Vrystaat-landbou moedig jong boere tussen 18- en 40-jaar aan om in te skryf vir 2022 se Jong Boer van die Jaar-kompetisie. ‘n Woordvoerder sê hierdie toonaangewende kompetisie se doel is om jong boere te bemagtig en ‘n platform vir volhoubare groei te skep. In April vanjaar is die appelboer, Doug Osler van Fouriesburg, gekroon as Vrystaat-landbou se Jong Boer van die Jaar. Die inskrywingsvorm is beskikbaar by elize@vslandbou.co.za en moet teen die einde van Januarie ingehandig wees.