Skip to content

Vryemarkstigting versoek DA om steeds BELA-wet teen te staan

# Die Vryemarkstigting versoek die DA om voet by stuk te hou en die BELA-wet teen te staan. Politieke ontleder, Nicholas Woode-Smith, voer aan die DA behoort sy rol in die Regering van Nasionale Eenheid te heroorweeg weens onversoenbare ideologiese verskille met die ANC. Hy waarsku die DA moet optree teen BELA, wat voertaal en toelatingsbeleid bedreig, of die gevaar loop om geloofwaardigheid te verloor in die Regering van Nasionale Eenheid.