# Dit is nie net in Suid-Afrika waar geslagsgeweld en vrouemoord ‘n probleem is nie. Verskeie besonder gruwelike sake is wyd in die media in Oostenryk gerapporteer wat die kwessie van vrouemoord onder die soeklig geplaas het. ‘n Openbare debat het in die klein, welgestelde land ontstaan waar geweldsmisdaad oor die algemeen skaars is, en aktiviste is aangewakker en politici is gedwing om op te tree. Die nuusagentskap AFP berig syfers het gewissel, maar tussen 2010 en 2020 is 319 vroue in Oostenryk vermoor, meestal deur hul lewensmaats of voormalige lewensmaats, met ‘n rekordhoogtepunt van 43 slagoffers in 2019.