# Die Gemeenskap-noodreaksiespan van Tongaat moet gisternag ‘n vrou onder dwang red nadat sy probeer het by Umdloti-Suid se strand van lewensredders af weg te swem. Die reaksiespan het ‘n jong vrou opgemerk wat omtrent 700-meters van die strand af geweier het dat branderryers haar help. Na verskeie mislukte pogings deur die reddingswerkers, is die Nasionale Seereddingsinstituut ingeroep. Die vrou is in die hospitaal opgeneem vir verdere behandeling. Volgens die reaksiespan is die omstandighede om die voorval nog onbekend en die polisie stel ondersoek in.