# ‘n Een-en-twintigjarige vrou is in die Landdroshof in Kimberley in die Noord-Kaap agt jaar tronkstraf opgelê vir poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Die vrou het in Desember 2020 ‘n man geskiet toe hy uit die hof in Kimberley gestap het. Die voorval het gebeur nadat hy borgtog gekry het in ‘n ander saak waarvoor hy in hegtenis geneem is. ‘n Polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê Shirley Hofuza het haarself dieselfde dag nog aan die polisie oorgegee en was in aanhouding tot haar vonnisoplegging.