# ‘n Vrou wat verdink word van moord op haar familie om voordeel te trek uit versekeringseise, verskyn vandag in die Landdroshof in Mmabatho, Noordwes, op aanklag van moord. Die 49-jarige is in Centurion, Gauteng, in hegtenis geneem ná ‘n intelligensie-operasie wat die polisie gister in samewerking met ‘n versekeringsonderneming gelei het. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê daar word ook ondersoek ingestel na die dood van die verdagte se seun, man en twee dogters, wat ‘n patroon van versekeringsbedrog aan die lig bring:
Vrou in hof omdat sy na bewering familielede vermoor in versekeringsbedrogsaak [KLANK]