Skip to content

Vrou in haar 90’s uit puin gered vyf dae na aardbewing in Japan

# ʼn Bejaarde vrou in haar 90’s is meer as vyf dae ná ʼn kragtige aardbewing in Japan uit die puin van ʼn tweeverdiepinggebou gered. Reddingswerkers het die vrou Saterdagaand, 124 uur ná die aardbewing, in Suzu-stad in die Ishikawa-prefektuur gekry en na die naaste hospitaal geneem. ʼn Dokter het aan verslaggewers gesê sy kan gesprekke voer, maar haar bene is beseer. Die aardbewing van 7,5 wat die land op Nuwejaarsdag getref het, het tsunami-waarskuwings so ver as die ooste van Rusland genoodsaak. Minstens 126 mense is in die ramp dood.