# ‘n Vrou van Noordwes wat daarvan beskuldig is dat sy haar man met ‘n hamer doodgeslaan en sy liggaam opgesny het, is dood. Nancy Majonhi is weens ‘n onbekende kwaal in die hospitaal opgeneem waar sy op ‘n eetstaking gegaan het. Sy is die naweek in die Moses Kotane-hospitaal dood. ‘n Woordvoerder van die Departement van Gesondheid, Tebogo Lekgethwane, sê ‘n lykskouing sal uitgevoer word om die oorsaak van haar dood te bepaal.