# ‘n Vier-en-dertig-jarige voormalige werknemer van die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes gaan na verwagting môre in die Pretoriase Spesiale Handelshof verskyn. Hy word glo verbind met ‘n bedrogsaak waarby 30-miljoen-rand betrokke is. Die man het na bewering met ‘n prokureur, Gerard Jacques du Plessis, saamgesweer. Du Plessis is in 2019 tot 15-jaar tronkstraf gevonnis. ‘n Woordvoerder van die Valke, Tlangeleni Rikhotso, sê die verdagte staan tereg op 17 aanklagte van bedrog:
Speel klankgreep: ENG TlangelaniRikhotso