# Die voormalige Vrystaatse LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer, Butana Komphela, is skuldig bevind aan strafbare manslag en is ‘n opgeskorte vonnis opgelê. Die Landdroshof in Brandfort het bevind hy is verantwoordelik vir ‘n botsing in 2019 waarin Samuel Manyova gesterf het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Phaladi Shuping, sê ‘n kundige het bewys Komphela het ongeveer 150-kilometer per uur in ‘n 80-kilometer-sone gery toe hy in die aankomende verkeer ingeswaai het. Komphela se drie-jaar vonnis is in geheel opgeskort.