Skip to content

Voormalige Johannesburgse projekbestuurder tronkstraf van sewe jaar opgelê vir dieseldiefstal

# ‘n Voormalige projekbestuurder van die Stad Johannesburg, Sipho Machuene Dikhoba, is tot sewe-jaar tronkstaf gevonnis vir die diefstal van diesel ter waarde van meer as ‘n miljoen-rand. Die Spesiale Handelsmisdaadhof in Johannesburg het vyf jaar van die vonnis opgeskort, op voorwaarde dat Dikhoba se pensioenfonds meer as 500-duisend-rand terugbetaal. Dikhoba het skuldig gepleit op 224 aanklagte van diefstal en met die staat saamgewerk. Die Nasionale Vervolgingsgesag beklemtoon sy toewyding aan die bestryding van korrupsie, veral onder amptenare in vertrouensposisies.