Skip to content

Voormalige Franse president, Sarkozy, permanent deur polisie beskerm terwyl hy in die tronk is

# Twee polisielede sal die voormalige Franse president, Nicolas Sarkozy, in die tronk beskerm om te verseker dat hy nie leed aangedoen word nie. Hy het Dinsdag sy vonnis van vyf-jaar begin uitdien nadat hy skuldig bevind is aan sameswering om veldtogfondse uit Libië te bekom. Die minister van Binnelandse Sake, Laurent Nunez, het aan die radiostasie Europe 1 gesê Sarkozy is geregtig op beskerming weens sy status. Hy sê daar is beslis ‘n bedreiging teen hom en die beskerming sal gehandhaaf word terwyl hy in aanhouding is.