Skip to content

Voormalige Eskom-hoof Molefe oorweeg regsoptrede teen Corruption Watch

# Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Brian Molefe, oorweeg regsoptrede teen Corruption Watch. Dit volg na die organisasie sonder winsbejag ‘n kennisgewing ingedien het oor die onttrekking van hulle hofaansoek om Molefe as ‘n afwesige direkteur te laat verklaar. Corruption Watch het in 2018 ‘n saak in die Hooggeregshof in Pretoria teen Molefe en vier voormalige direkteure van Eskom aanhangig gemaak. Molefe se regsspan sê hy het geweldige professionele en finansiële skade gely deur die ongegronde en lasterlike bewerings teen hom.