# ‘n Voormalige burgemeester van Newcastle in KwaZulu-Natal is tot ‘n boete van 20-duisend-rand of twee jaar tronkstraf gevonnis weens aanhitsing van geweld. Ntuthuko Nkululeko Mahlaba is ingevolge die Wet op Oproerige Byeenkomste aangekla. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die saak hou verband met ‘n voorval in die Aviary Hill-gebied in die stad in September verlede jaar. Werkers het voortgegaan om slote vir veselkabels te grawe ondanks ‘n interdik van die Hooggeregshof wat die werk verbied. Die plaaslike Streekhof het bevind Mahlaba het onbekende mense aangehits om die werkers aan te rand.