# Old Mutual sê hy sal tot die einde baklei teen die heraanstelling van sy voormalige bestuurshoof, Peter Moyo. Volgens die maatskappy het Moyo sy diensvoorwaardes verbreek deur sy eie belange voor dié van die maatskappy te stel. Moyo het gister in ‘n geding in die Hooggeregshof geëis dat hy weer in sy pos aangestel word en terselfdertyd 250-miljoen rand skadevergoeding van die maatskappy geëis. Old Mutual sê dat hy geen geld aan Moyo verskuldig is nie omdat hy ses maande lank betaal is.