# ‘n Voormalige ANC-raadslid, Lifa Blessing Nkosi, wat aangekla is in verband met twee moorde, sal môre in die Barbertonse Landdroshof in Mpumalanga verskyn. Lede van die Valke se Ondersoekspan vir Ernstige Georganiseerde Misdaad het Nkosi verlede week in Mbombela in hegtenis geneem. Volgens die Valke se provinsiale woordvoerder, Dineo Lucy Sekgotodi, word hy gekoppel aan die moord op ‘n polisiebeampte, Nkosinathi Lucky Ngwenya van die Nelspruit-polisiestasie, en sy vriend, Jaftha Mnisi. Beamptes het die slagoffers se liggame by die Zanni-taverne in Barberton ontdek.