Skip to content

Voldoeningsoperasies in Tshwane lewer positiewe resultate

# Die Tshwane-metropolisie sê voldoeningsoperasies gaan voort om seker te maak ondernemings gehoorsaam en kom alle reëls en regulasies na, insluitend dié wat met verkeer verband hou. ʼn Polisieoperasie is hierdie week in Laudium gehou om te kyk of sakeondernemings en spazawinkels reëls oor die verkoop van voedselprodukte nakom. ʼn Woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, Isaac Mahamba, sê hulle het bevind slegs vier van die 15 ondernemings wat hulle besoek het, het ʼn geldige bedryfslisensie gehad. Hy sê tien boetes is uitgereik omdat ondernemings nie aan regulasies voldoen word nie, en twee omdat wetgewing oor voedselprodukte oortree word.