# Die Verenigde Nasies se Agentskap vir Palestynse vlugtelinge waarsku sy humanitêre operasies in Gaza gaan binne 48 uur tot stilstand knars wanneer sy brandstof op is. Die hoof van die agtenskap, Thomas White, sê die afgelope drie weke en na noue samewerking met die regering van Israel, kon hulle toegang kry tot ‘n grootmaat-brandstofopgaartenk in Gaza op die grens met Egipte. Maar die opgraartenk is nou leeg. Hy sê geen brandstof kon sedert verlede Dinsdag Gaza binnekom nie.
VN-vlugtelingagentskap gaan sy operasies in Gaza opskort weens brandstoftekort