# Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê ‘n lewe sonder ‘n toilet is vuil, gevaarlik, en onwaardig. Vandag is Wêreldtoiletdag, met die tema Valuing Toilets. Die dag beklemtoon die belangrikheid van sanitasie en higiëne in die verbetering van openbare gesondheid, geslagsgelykheid, ekonomiese ontwikkeling, en omgewingsbewaring. Altesaam 3,6-miljard mense wêreldwyd het nie toegang tot veilig-bestuurde sanitasie nie. Guterres sê daagliks sterf 700 kinders onder die ouderdom van vyf weens siektes wat verband hou met onveilige water en sanitasie.