Skip to content

VN sê elke tien minute word ‘n vrou of meisie deur ‘n intieme vriend doodgemaak

# Die Verenigde Nasies sê all meisies en vroue moet toegelaat word om hulle menseregte in ‘n veilige omgewing sonder die vrees vir geweld of teistering uit te oefen. Vandag is Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue. Volgens die VN is ‘n geraamde 736-miljoen vroue aan fisiese of seksuele geweld van hulle intieme maat blootgestel. Hy sê dit beteken dat ‘n vrou of meisie elke tien minute deur hulle intieme vriend of familielid vermoor word. Die VN sê die oplossing is ferm optrede en om die oortreders aanspreeklik te hou.