Skip to content

VN-menseregtehoof waarsku Israel teen volle militêre operasie in Rafah

# Die Verenigde Nasies se hoë kommissaris vir Menseregte, Volker Türk, sê die moontlikheid van ʼn volle militêre operasie in Rafah is vreesaanjaend omdat ʼn groot aantal burgerlikes moontlik kan sterf. Israel het talle aanvalle in die suidelike stad van Gaza uitgevoer. Meer as 60 mense is dood terwyl twee gyselaars uit ʼn gebou bevry is. Türk sê ʼn volle militêre operasie in Rafah kan ook ʼn einde beteken aan humanitêre hulp wat deur deurgelaat en versprei is en sal groot gevolge vir die hele Gaza inhou.