# Die Verenigde Nasies se afdeling vir menseregte het kommer uitgespreek oor herhaalde voorvalle van dodelike etnies-gemotiveerde aanvalle op mense in kampe vir ontheemdes in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Minstens 62 vlugtelinge wat lede is van die Hema-gemeenskap, is op die eerste van die maand doodgeskiet en 38 ander is beseer toe ‘n gewapende groep van die Koöperatief vir die Ontwikkeling van die Kongo ‘n vlugtelingkamp aangeval het. ‘n Woordvoerder van die VN se hoë kommissaris vir menseregte, Liz Throssell, sê hulle doen ‘n beroep op owerhede om dringend die beskerming van alle burgers te verskerp.