Skip to content

VN bekom slegs 20% van droogtehulp wat nodig is in Suider-Afrika

# Die Verenigde Nasies se Wêreld-voedselprogram het slegs 20-persent ingesamel vir droogtehulp in Suider-Afrika. Dit is sowat 1,5-miljard-rand van sy doelwit van agt-miljard-rand om die droogte te pak in sewe lande. Die streek ly as gevolg van die El Niño-weerverskynsel en die ergste droogte in dekades het aanleiding gegee tot wydverspreide mis-oeste en voedselonsekerheid. Daar was betekenisvolle ondersteuning deur skenkers maar die WVP kan tot 2025 se oes hulp verskaf aan slegs 5,9-miljoen mense uit altesaam 27-miljoen wat dit nodig het.