Skip to content

Vliegtuig stort neer op pad na Maasai Mara Nasionale Park in Kenia

# ‘n Ligte vliegtuig met 12 passasiers aanboord het vanoggend op ‘n vlug van Kenia se kus af neergestort. Al die passasiers in vermoedelik dood. Die vliegtuig was van die toeriste-oord Diani af op pad na Kichwa Tembo, ‘n privaat vliegveld in die Maasai Mara Nasionale Park. Kenia se Burgerlugvaartowerheid het geen verdere besonderhede verskaf nie, maar gesê regeringsagentskappe is reeds op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.