Skip to content

Vliegtuig met Malawi se visepresident en 9 ander aan boord word vermis

# ’n Vliegtuig met Malawi se visepresident Saulos Chilima en nege ander mense aan boord het vermis geraak nadat dit nie gister volgens skedule geland het nie. Die presidensiële kantoor sê die Malawi-weermagvliegtuig het van die radar af verdwyn nadat dit die hoofstad, Lilongwe, verlaat het. Chilima was op pad om die regering te verteenwoordig by die begrafnis van ‘n voormalige kabinetsminister, Ralph Kasambara. Die president van Malawi, Lazarus Chakwera het alle agentskappe opdrag gegee om ‘n onmiddellike soek-en-reddingsoperasie uit te voer.