# Gister se vliegongeluk op ‘n lughawe in Suid-Korea word beskryf as die land se ergste binnelandse burgerlugvaart-ramp. Honderd-79 mense is volgens berigt dood toe die vliegtuig van Jeju Air van die aanloopbaan geloop het met landing uit Bangkok in Thailand. Dit het teen ‘n muur vasgejaag en in vlamme uitgebars. Twee bemanningslede is lewend uit die wrak gehaal. Die meeste van die 175 passasiers en ses bemanningslede was burgers van Suid-Korea. Die tragedie word toegeskryf aan ‘n botsing met voëls of landingstoerusting wat nie gewerk het nie.
Vliegongeluk op Suid-Koreaanse lughawe beskou as land se ergste binnelandse burgerlike lugvaartramp