# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n geel Vlak 1-waarskuwing uitgereik vir hewige donderstorms oor die oostelike binneland van die Oos-Kaap vandag. Die diens sê dit kan swaar reënbuie veroorsaak wat tot plaaslike oorstromings kan lei en skade aan eiendom of infrastruktuur tot gevolg kan hê, en paaie, brûe en laagliggende gebiede kan verspoel. Die diens sê daar is ook ‘n Geel Vlak 2-waarskuwing vir hoë golwe wat navigasie op see tussen Kaappunt en Plettenbergbaai kan bemoeilik.