Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Vlak 5 ontwrigtende reën vandag in noordelike KwaZulu-Natal verwag [KLANK]

# Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal waarsku teen vlak-vyf ontwrigtende reën vandag in die noordelike dele van die provinsie. Die woordvoerder Siboniso Mngadi sê meer as 70-millimeter kan binne 24-uur uitsak. Gebiede wat getref kan word, sluit in, die Hlabisa-, Mtubatuba-, Nongoma-, Jozini-, uPhongolo- en Umhla-buyalingana-distriksmunisipaliteite. Ramphulpspanne is op bystand en gemeenskappe word aangemoedig om op veiliger plekke skuiling te soek.